Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Bill Crowder

Die regte hulp

Onlangs is daar oor die radio ’n program aangebied waar oor die hantering van krisisse gepraat is. Hoe kan ’n beroemde persoon herstel na ’n verhoudingskrisis in openbare betrekkinge? Die spesialis het gesê die sleutel is om goeie vennote te hê, mense wat die persoon kan bystaan en onderskraag en help om sy of haar openbare beeld te herstel. Met…

Die vergete Werker

Mense dwarsdeur die wêreld is bekend met Mount Rushmore, die terrein in Suid-Dakota waar die koppe van vorige Amerikaanse presidente op reusagtige skaal teen die hange uitgrafeer is. Terwyl miljoene mense weet van Mount Rushmore is daar baie min wat nog ooit die naam van Doane Robinson gehoor het. Hy was ’n historikus in Suid-Dakota en dit was hy wat…

verskillende Doelstellings

Byron Nelson, die professionele gholfspeler, het in 1945 ’n wonderlike seisoen beleef. Hy het aan 30 toernooie deelgeneem en 18 van hulle gewen – 11 van hulle opeenvolgend. Indien hy wou, kon hy sy loopbaan voortgesit het en die beste speler van alle tye geword het, en baie geld gemaak het, maar dit was nie sy doel nie. Hy wou…

altyd daar

Die radio-ingenieurs van RBC was besig om gereed te maak om ’n program via satelliet uit te saai. Hulle het alles noukeurig voorberei, asook die skakeling met die satelliet. Maar net toe hulle wou begin, het hulle die kontak met die satelliet verloor. Verward en onseker het die ingenieurs probeer om weer kontak te maak, maar niks wou werk nie.…

Dis tyd om volwasse te word

Terwyl ek eendag deur ’n boekwinkel gestap en na verjaarsdagkaarte gekyk het, het ek op ’n kaartjie afgekom wat my nogal laat glimlag het. Die boodskap het so gelui: “Jy is net eenmaal jonk, maar jy kan vir altyd onvolwasse bly.” Die kaart het my laat dink. Dis ’n besondere gedagte om te dink jy hoef nie ouer te word…

Waaroor gaan dit?

Onlangs was ek in ’n besige winkelsentrum toe ek ’n vrou gesien het wat haar pad tussen die mense deur oopgebaan het. Sy het ’n T-hemp aangehad waarop die volgende woorde verskyn het: DIT GAAN ALLES OOR MY. Haar optrede het die waarheid van hierdie woorde bevestig. Ek is bevrees sy is nie alleen nie. Daardie boodskap word vandag deur…

Hy weet alreeds

’n Vriend van my wat ’n handelsvlieënier is het my vertel van ’n vlug waartydens die vliegtuig ernstige meganiese probleme opgedoen het. Die probleem het dringende komplikasies gebied. Toe die situasie ontstaan het, het al die waarskuwingsligte in die stuurkajuit aangegaan en hy moes die situasie voortdurend monitor totdat hy eindelik veilig kon land. Nadat hy geland het, het hy…

vertroue Waarop?

Terwyl ek deur ’n winkel gestap het, het ek ’n man met ’n helderrooi Themp aan gesien. Op die hemp was die redelik negatiewe boodskap: “Vertroue: Dis die gevoel wat jy kry net voordat jy die situasie verstaan.” Ek het geglimlag vir hierdie vreemde gedagte, maar ek moes ook erken dat die hemp ’n ernstige waarskuwing ingehou het. Dis ’n…

’n man van my jare

Op ’n onlangse vlug het ek my voorgeneem om ’n bietjie werk af te handel. Voor my was my skootrekenaar, iPod en ander toestelle waarmee ek, as ’n 21ste eeuse “padwerker”, wou werk. Terwyl ek besig was om te werk het ’n jongman wat langs my gesit het, gevra of hy ’n opmerking kon maak. Hy sê toe hoe dit…

retireer vorentoe

’n Vriend het my vertel hoedat die leiers van hulle gemeente hulleself vir twee dae afgesonder het sodat hulle kon bid, beplan en God aanbid. Hy het gesê: “Hierdie tydperk van afsondering gaan ons help om as ’n gemeente vooruit te beweeg.” Dit het vir my nogal eienaardig geklink, die gedagte om as ’t ware te retireer om voorwaarts te…